baby2mom logo

Letter to My Donor

HELLO my donor!

 

Sjoe ek het nou al oor en oor probeer om vir jou n briefie te skryf, maar woorde ontbreek!  Ek is self deur verskeie mislukte pogings en besef dus presies hoe Groot jou opoffering is!


My menslike verstand kan nie verstaan presies hoe goed jou hart moet wees DAT jy bereid is om 'n ander vrou die geluk van n kind te gun nie!  Gelukkig hoef ons nie als in die lewe te verstaan en kan mens soms net jou kop skud en dankie se!  In die selfgesentreerde wêreld waarin ons leef kan ek net se dat dit een van die eerste goeie eienskappe is wat ek my kind wil leer ~ om, om te gee en Lief te wees vir Ander en te help waar jy kan.  Nou kan ek met 'n geruste hart weet.  Dis reeds in die gene ek moet net voortbou daarop!  My lewensfilosofie is 'do no harm' en ek weet DAT my kind dieselfde sal wees, want daar is 'n ware Engel wat nie selfsugtig is en dit vir my moontlik wil maak om 'n eie kind te he, omdat sy so BAIE vreugde van haar kinders ervaar!


Vir my is dit 'n bitter moeilike situasie omdat dit vir my voel soos my laasste kans en dit vir my BAIE belangrik is om my liefde te deel en 'n kind te koester en Lief te he, en ook liefgehe te word.  Dit is hoekom jou opoffering vir my so waardevol is ~ ek voel BAIE positief hieroor en weet dit gaan my totale lewe verander.  Al is dit bitterlik moeilik sit ek nou my mislukte pogings agter my en kyk vorentoe en ek is positief DAT dit suksesvol sal wees.


Omdat ek self daardeur is wil ek net vir jou se ek waardeer regtig elke liewe opoffering ~ net om 'n gynea te besoek is al so Groot opoffering en die medisyne verg BAIE baie toewyding en tyd, en ek besef jy het 'n gesin om te versorg en die hormone laat mens maar nie goed voel ~ ek hoop jou gesin sal ook altyd weet hul opoffering word waardeer en DAT hul ma 'n Engel is.


Ek kom uit 'n omgewing wat my geleer het en laat glo het DAT wat mens ook al aan Ander doen goed of sleg altyd terugkom na jou en daarom glo ek DAT BAIE BAIE goeie dinge op jou pad voor le en so ook op jou kinders se pad.

 

Soos jy nou met die afsprake begin en die proses stadig maar seker gaan gebeur wil ek net se ek dink elke liewe oomblik aan jou en BAIE sterkte.


Ons hoop om teen einde my BAIE goeie nuus te deel wat my lewe sal verryk en my weer iets sal gee om voor te lewe en opnuut  sal leer om in dankbaarheid te leef!


Groete,

Jou Recipient



Register to comment